Die outoriteit van My Woord! (15/12/08)

 

En die woord van die Here het tot my gekom en die Here het gese:

Mensekind skryf neer wat ek jou vandag bevel.

 

Gee ag op my kneg Moses,

Het hy nie voor My gewandel nie?,

het Ek nie van mond tot mond met hom gespreek nie?,

was My Gees nie op hom gewees nie?

En kyk met ‘n gebaar het hy die see gekloof,

met die krag van My Woord het hy lewende water voorsien aan My volk!

 

Gee ag op my kneg Josua,

met die krag van My Woord het hy die son en maan bevel om stil te staan,

want Ek was met hom,

en My Gees was op hom.

 

Gee dan ag op my kneg Elia;

hy wat voor My oe gewandel het en;

wat in die krag van My Woord opgetree het.

 

Het Ek dan nie ook self vir julle kom wys en kom leer nie.

Maar My kinders leer nie,

en hulle verstaan nie?

Julle tande is stomp en;

krag is daar nie in julle nie en;

julle woorde is geweeg en te lig bevind,

omdat julle in my nie bly nie.

 

Gee dan nou ag op My kneg Petrus.

Het Ek dan nie vir julle alle mag op aarde gegee nie?

Het Ek dan nie vir julle gese dat julle al die dinge sal kan doen wat Ek gedoen het nie, omdat Ek na my Vader gaan; en

Dat julle groter dinge as dit sal doen nie?

 

Gee dan nou weereens ag op My opdrag,

want weer se Ek vir julle;

Soos die Vader my gestuur het, stuur Ek julle ook en;

alles wat julle in My naam vra,

dit sal Ek doen,

sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word.

 

Laat die wat dan ag wil gee, geleer word –

Deur ‘n Woord het Ek al My wonderdade gedoen,

sodat julle kan leer.

 

Ek het in die Vader gebly en die Vader in My en dit is My Woord.

In bede kom julle na My toe en julle is priesters vir die lewende God.

En die Woord van julle koningskap is krag -

as julle My offer vir julle te volle aanvaar het.

Daarom minag nie My offer nie maar eer My ook in julle koningskap,

want Ek het vir julle gese dat julle ‘n koninklike prieserdom, ‘n heilige volk is.

Aanvaar dan nou ook die outoriteit van julle koningskap.

En kyk Ek sal met julle wees. Bly in My en Ek sal in julle bly

En die outoriteit van My Woord sal met julle wees!

 

Pieter Pretorius

15 Desember 2008